Die een waarin die Prez leë beloftes maak vir 8 Januarie; ‘n revolusie van soorte ons enigste redding is; en die leeu so whau! maak.

source

20 Comments

  1. Ja, Izak, dit sou goed wees om van die ANC ontslae te raak. Maar, wie is hierdie "ons" wat dit gaan doen? Die minder as 10% van die bevolking waarvan jy deel uitmaak? Nee wat, solang as wat 80% meer is as 10% kan "ons" niks daaraan doen nie. Die 80% sal teen die ANC moet stem en selfs Kroukamp sien dit nie gebeur nie – hulle bly liewer weg. Dus moet jy as agterste passasier in die bus maar hoop dat die drywer die ding op die pad hou of uitspring voordat dit by die afgrond afstort.

  2. Isak ek stem saam die poletiek is werklik frustrerend maar wil byvoeg jou taalgebruik is net so frustrerend,want ek moet my foon afskakel wanneer my kleinkinders naderkom en jy is aan die woord. Maak asb vir ons hierdie uitsendings meer gemaklik. Ek verwys graag na God se woord toe lsriael geweet het die oormag is te groot het God self vir hulle ingetree,so ook met die vootrekkers met die Zulu oormag. Ek stel voor ons is nou weer by die punt waar ons besef dat menslik is dit nie meer moontlik nie. Kom SA laat ons voor ons Skepper bely en tydig en ontydig BID!!

  3. Dit is alles dinge waarteen die regses gewaarsku het voor 94 maar ag hoe was hulle uitgejou en uit gekryt.Die regstelsel is vandag net tot voordeel van die krimineel en in die sg ANC regering sit daar net kriminele wat deur hulle regstelsel beskerm word.Maar die groot probleem is die mag agter die sg regering wat hulle onaantasbaar maak.

  4. Izak ek geniet jou lighartigheid onder die moeilike omstandighede. Jy klink vir my soos ñ ou wat aan hom self grappies kan vertel en dan hartelik lag vir die wat hy nog nie gehoor het nie. Daar is geen beter medisyne vir bedruktheid as ñ lekker lag grap nie. Om die komiese in ñ situasie te sien is miskien vir sommiges nie eties nie maar uit ñ ander hoek tog lagwekkend. Geniet jou telkens gaan so voort dankie.

  5. kan jy groot asb die tbk kontak en ander belanghebbers en vir ons n boeremusiekie speel en iets soortgelyks as sterre en planete doen? dis al hoekom ek rsg mis maar ek luister glad nie meer na hulle nie jou kanaal sal uit sy nate bars!

Leave A Reply

Please enter your comment!
Please enter your name here